Erweiterte Suche

Aktuelle

Events

Events
Dawie de VilliersOverlay E-Book Reader

Dawie de Villiers

My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

von Dawie de Villiers

E-Book (EPUB mit drm)
296 Seiten
Sprache Afrikaans
2018 Penguin Random House South Africa
ISBN 978-1-77609-243-7

Hauptbeschreibung

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het. Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sygeliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkeleaspekte van dié lekkerlees-ervaring. Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemervan onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelingeen die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO). My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Kurztext / Annotation